
"In die wonderlike tweeling Philip de Vos en Piet Grobler se dertiende boek saam, is daar allerhande dinge wat tussen die bladsye wegkruip: rooikop-tokkelossies in tokkelossiebossies, miere met voorname en Aspoestertjie met haar stink tekkies. Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppies met piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings. Dit is 'n land waar elke voëltjie sy eie lied het, die land van wie-weet-waar; die land waar jy oplaas die maan se skemerlig aan 'n wilgerboom se tak kan hang. Dit is 'n wonderland vir kinders en hulle ma's en hulle pa's en hulle ouma- en oupagrootjies."--
Page Count:
95
Publication Date:
2022-01-01
ISBN-10:
1776353226
ISBN-13:
9781776353224
No comments yet. Be the first to share your thoughts!