
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is is daar altyd volop pret avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie sy beste vriend Vincent sy hond Frankenstein die kwaai buurtannie mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante bekostigbare omnibus: * Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat Katinka is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk stem hulle in want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om ’n kat op te pas...? * Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend Vincent verjaar een van die dae. Zackie beplan ’n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan ’n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou – en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG! * Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie... maar die skoolkoor gaan binnekort op ’n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton die skoolboelie hulle egter terg. En boo
Page Count:
228
Publication Date:
2019-01-01
ISBN-10:
0799392324
ISBN-13:
9780799392326
No comments yet. Be the first to share your thoughts!