
Daar is nie 'n vrou op hierdie aarde wat nie worstel met vrees, twyfel en onsekerheid nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees... miskien selfs vreesloos. Hoekom? Omdat Hy met ons is. "Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan."- Josua 1:9Hoe kan ons kies om dapper te wees wanneer ons wêreld uitmekaar val? Hoe kan ons kies om dapper te wees in plaas van om bang te wees? In hierdie ses-weke studie gaan ons ons gedagtes fokus op God se Waarheid en die krag verkry wat ons nodig het om te kies om dapper te wees, selfs wanneer ons nie so voel nie - selfs wanneer ons bang is. Dapper om al ons kragte in te span.Dapper om ons gawes te gebruik.Dapper om weer te vertrou.Dapper te midde van verlies. Dapper om ons vrese in die gesig te staar.Dapper in onsekerheid.God wil nie hê dat ons in vrees moet leef nie. Hy wil hê dat ons in sy vryheid moet leef en met dapperheid in geloof vorentoe sal gaan. Dat ons sal kies om dapper te wees, ongeag ons omstandighede, ongeag die wêreld rondom ons... ongeag ons vrese en angs. Jy is meer dapper as wat jy voel en sterker as wat jy ooit gedink het jy kan wees met God aan jou sy en sy Woorde in jou hart. God het jou geroep, liewe vriendin om dapper te wees. Kom ons doen dit! Vir meer aanmoediging, sluit aanlyn by ons aan, waar jy ooreenstemmende Bybelstudie inhoud sal vind in ons blogs op Maandae, Woensdae en Vrydae. Jy sal ook verdere insigte vind in ons dagstukkies op ons Love God Greatly toep. Jy kan ook aansluit by ons liefdevolle gemeenskap op Facebook en Instagram vir aanmoediging soos jy tyd in God se Woord spandeer.LOVEGODGREATLY.COMLIEFGODGROOTLIKS.WORDPRESS.COM
Page Count:
152
Publication Date:
2019-01-04
Publisher:
Independently Published
ISBN-10:
1793134812
ISBN-13:
9781793134813
No comments yet. Be the first to share your thoughts!