
Hy weet wat dit is, hierdie stapel getikte velle papier in ’n laai weggesteek. Hy het ’n bladsy of tien gelees. Hier en daar. Genoeg. Dit is sy vrou se gesprek met die sielkundige, dit weet hy. Party van die goed herken hy. Maar. As hy sy oë toemaak, sien hy die siedende waters van ’n donker rivier. Sy vrou in die onverbiddelike werwelings van ’n duistere geweld. Nou weet hy daardie donkerte het ’n naam. Die naam is Pastoor. Pat Stamatélos vertel op ’n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van ’n vrou wat as jong kind in die hande van ’n pedofiel beland het, ’n vrou wie se siel die onuitwisbare vatmerke dra van ’n kerkleier se jeugberading en pastorale sorg. Pastoor is ’n doodsekure studie van ’n verwonde psige, en ’n onverskrokke oopvlekking van ’n kanker aan die hart van ons samelewing.
Page Count:
254
Publication Date:
2013-01-01
Publisher:
Tafelberg
ISBN-10:
0624063275
ISBN-13:
9780624063278
No comments yet. Be the first to share your thoughts!